Share This Post

’n Langtermyn e-leer-oplossing

’n Langtermyn e-leer-oplossing

Terwyl leerders en onderwysers in 2020 wêreldwyd met skoolsluitings moes stoei, kon leerders reeds toegang verkry tot gratis e-handboeke ter waarde van miljoene Amerikaanse dollar danksy Snapplify se Free Access-program. 

Het jy geweet dat Snapplify ook ander e-leer-oplossings bied om jou te help om die mag van tegnologie optimaal te benut – sowel in die fisiese klaskamer as deur afstandsonderrig?

E-leer vir almal 

Om digitale opvoeding ’n realistiese opsie vir almal te maak, ongeag die gebruiker se ligging of infrastruktuur, was nog altyd Snapplify se belangrikste fokus. Engage – hul bekroonde e-leer-oplossing en digitale biblioteek – is gratis beskikbaar vir enige skool op enige plek in die wêreld en bied ’n hele rits voordele sonder dat dit ’n sent kos: 

  • Die vermoë (vir onderwysers) om hulle eie multimedia-hulpbronmateriaal met leerders te deel. Van video- en klankinhoud (bv. ’n vooraf-opgeneemde les) tot geskrewe hulpbronne soos toetse en vasvrae, werkkaarte en notas – Engage help jou om lewe in jou kurrikulum te blaas en die leerproses meer boeiend en interaktief te maak. 
  • Toegang tot ’n omvattende digitale biblioteek (met ’n maklike uitleen- en outomatiese teruggee-model) met meer as 50 000 gratis en oopbron hulpbronne, wat studiegidse, e-handboeke, ou vraestelle vir verskeie vakke en kurrikulums, kinderboeke in Afrikatale en nog vele meer insluit. 
  • Die vermoë (vir administrateurs) om toegang en toestemming vir veelvuldige studente- en personeelrekenings te bestuur en die e-leer-ervaring vir alle gebruikers so eenvoudig, toeganklik en veilig as moontlik te maak.
  • Outomatiese deelname aan die Snapplify Teacha! Benefits program. Hierdeur verkry geregistreerder opvoeders toegang tot verskeie gewilde hulpbronne – heeltemaal gratis, of teen noemenswaardige afslag. Die bekende studiegidsreeks The Answer Series sal byvoorbeeld tot die einde van 2021 gratis aan onderwysers beskikbaar wees.

Alles op een plek

Ons weet dit kan slordig raak om verskeie e-leeroplossings tegelyk te gebruik – en dis waarom Snapplify hard werk om onderwysers en leerders se behoeftes met ’n omvattende oplossing aan te spreek. 

Die Snapplify Reader-app is soos ’n skooltas wat nooit kan wegraak nie. Alles wat ’n leerder nodig het om te leer, te studeer en te slaag is op een plek bymekaar – van e-handboeke, studiegidse en e-boeke (hetsy uitgeneem uit die digitale biblioteek of aangekoop via Snapplify) tot enige e-hulpbronne wat onderwysers deur Engage met leerders gedeel en só met die app gesinchroniseer het. 

Die Snapplify Reader bevat ook addisionele akademiese gereedskap wat die e-leerproses vir elke individu lekker en boeiend maak en bied spesiale toeganklikheidskenmerke soos teks-na-spraak, grootdruk en disleksievriendelike lettertipes). Sou ’n toestel wegraak of gesteel word, kan leerders steeds toegang verkry tot al hulle opvoedkundige hulpbronne, insluitend enige notas of uitgeligte dele (“highlights”).

Die Snapplify Reader-app kan op ’n selfoon, tablet of rekenaar gebruik word (met ander woorde – enige toestel waartoe jou student toegang het) en is altyd toeganklik, ook sonder ’n internetkonneksie. Dit beteken dat kinders, veral wanneer hulle slegs sommige dae skool toe gaan, die skool se WiFi kan gebruik om hulle inhoud te sinchroniseer en tuis geen addisionele datakostes hoef aan te gaan nie. 

Die Snapplify Reader-app is soos ’n skooltas wat nooit kan wegraak nie. 

Sluit aan en deel – eenvoudig en seepglad

Gebruik jou skool reeds ander leerstelsels soos Google Classroom of Microsoft Teams? Dan kan onderwysers en leerders eenvoudig met hulle Google- of Microsoft-rekenings op die Snapplify-platform inteken. Dié seepgladde integrasie vereenvoudig nie net die aanlynregistrasieproses vir alle gebruikers nie, maar beteken ook minder wagwoorde om te onthou. Die heel belangrikste is egter dat jy naatloos en sonder enige onderbrekings kan voortgaan met digitale onderrig en skakeling met jou studente. 

Binne Engage het jy verder die opsie om skakels na belangrike e-boeke op Microsoft Teams of Google Classroom te deel – nóg ’n voorbeeld van hoe Snapplify jou en jou leerders se digitale onderrig-en-leerproses vergemaklik. 

’n E-biblioteek om te geniet

Nadat jy gratis by Engage aangesluit het, kan jou skool sy eie digitale biblioteek begin opbou. Onderwysers en leerders kan e-boeke vir ’n vasgestelde tyd leen deur self deur duisende titels te soek of deur aanbevole versamelings te snuffel. 

’n Digitale biblioteek skakel nie net die risiko uit van boeke wat wegraak of beskadig word nie, maar beteken ook dat jou skool nie meer aanvullende boeke hoef te koop nie. Eerder as om boeke aan te koop wat dalk nie gebruik word nie, word jou e-biblioteekversameling organies aangevul, soos wat boeke uitgeneem word om in jou skool se spesifieke behoeftes te voorsien. 

Aangesien toegang tot alle boeke deur die Snapplify Reader-app geskied en omdat die app oor ’n wye verskeidenheid van bedryfstelsels werk, bied dit in wese die potensiaal van ’n skoolbiblioteek op enige plek waar ’n rekenaar of selfoon is

Begin sommer nou

Duisende skole het reeds begin om die talryke voordele van Engage te verken. Dis so maklik soos om gratis aanlyn te registreer. Jou skool kan dadelik die voordele begin geniet

Jy kan ook ’n e-pos stuur na hello@snapplify.com en ons span sal jou bystaan met jou spesifieke e-leer-behoeftes. 

Onnies Online is ’n media-platform van die Snapplify-groep. 

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.