Share This Post

6 wenke om jou Afrikaans EAT-leerders suksesvol te motiveer

6 wenke om jou Afrikaans EAT-leerders suksesvol te motiveer

Klink dit dalk bekend: “Nie alwéér Afrikaans nie!”

Spandeer jy die grootste deel van jou les om jou klas se aandag te kry?

Dit is nie lekker as jou leerders met die intrapslag nie jou liefde vir Afrikaans deel nie. Hier is ses maniere om jou klas in ‘n japtrap te motiveer:

Gebruik visuele elemente

Dit is al bewys dat visuele elemente leer makliker kan maak. Jou klaskamer moet jou leerders inspireer. ‘n Werkboek vol kleurvolle en moderne prente sal jou klas gou laat regop sit. 

Maak só 

  • Jou leerders werk daagliks in hul teks-  en werkboeke. Maak seker jou leerders se leermateriaal maak die taak van ‘n addisionele taal aanleer makliker. Woemaboeke gebruik deurlopend volkleur prente.
  • Plakkate teen die muur is ‘n goeie bron van visuele inspirasie. Kleurvolle, opvoedkundige A2-plakkate is hier beskikbaar.

Wees relevant tot hul wêreld

Onthou dat leerders makliker oor dinge waarin húlle belangstel, gesels. 

Maak só

  • Kry jou klas aan die klets met temas wat op hulle van toepassing is. In Woemaboeke maak elke moderne module ‘n nuwe wêreld vir leerders oop.

Maak Afrikaans EAT pret

Sorg dat jou klas na Afrikaans uitsien. Leer Afrikaans speel-speel in al die grade. 

Maak só

  • Hersiening, woordbou en spelling is maar net ‘n paar onderwerpe wat deur middel van speletjies getoets kan word. In Woemaboeke word in elke module op ‘n lekker manier met woorde ‘gespeel.’

Maak dit maklik om taalstrukture en -reëls te leer

Teorie bly belangrik. Stel jou leerders vanaf die intermediêre fase af aan woordeskat bloot. Taalstrukture en -reëls sal makliker beantwoord kan word as leerders bekend is met die woordeskat wat reeds geleer is.

Maak só

  • Woemaboeke begin elke tema met woordeskat wat by die tema pas. Toets jou leerders gereeld sodat hulle gemaklik raak met nuwe woordeskat.
  • In Woemaboeke word aktiwiteite by die temas aangepas sodat leerders reeds met die woordeskat bekend is. Leerders kry op dié manier meer selfvertroue om aktiwiteite te doen.

Leerders moet Afrikaans skryf én praat

‘n Taal moet gepraat én geskryf word vir effektiewe leer. Leerders gesels gemakliker as hulle met die onderwerp bekend is.

Maak só

  • In Woemaboeke is daar spasies om direk in die boeke antwoorde neer te skryf.
  • Praat- en skryfafdelings met interessante onderwerpe sal jou klas gou aan die klets (in Afrikaans!) kry.

Hersien, hersien en hersien!

Die waarde van hersiening in enige vak kan nooit onderskat word nie. As dit nie vir hersiening was nie, is dit dalk by die een oor in en die ander oor uit…

Maak só

  • Maak seker jou klas hersien gereeld hulle werk. In Woema is daar baie drilwerk en hersieningsoefening.
  • Die Woema Graad 8 en Graad 9 e-Kursus sal jou klas help om Afrikaans EAT aanlyn te hersien.

Vir meer inligting oor Woemaboeke se werkboeke, ePubs of  e-Kursus, stuur ‘n e-pos na info@woemaboeke.com of besoek hul webblad.

Hierdie plasing is geborg deur Pikke Publikasies.

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.