Share This Post

Maak ‘n sukses van jou Teacha! winkel

Maak ‘n sukses van jou Teacha! winkel

As jy wonderlike onderrighulpbronne geskep het, kan jy ook jou inkomste ‘n hupstoot gee met ‘n Teacha! winkel. Indien jy reeds jou winkel opgerig het, of jy dalk nog besig is om dit te oorweeg, wonder jy dalk hoe jy jou besigheid kan laat groei en die sukses daarvan kan verseker.

Ons het ingeloer by Jenna Swano, een van Teacha! se topverkopers, oor hoe sy haar onderrighulpbronne begin verkoop het en wat haar winkel een van Teacha! se topverkopers gemaak het.

Vertel ons ‘n bietjie van jouself. Wie is jy en waar kom jy vandaan?

Ek was nog altyd lief vir onderrig! Ek dink die meeste van ons onderwysers kan verband hou met die teddiebeer klaskamer toe ons klein was. Ons arme jonger broers en susters…enige geleentheid om ‘skool-skool’ te speel. Ek het egter iets ontdek waaroor ek selfs meer passievol is (wie sou dink dit was moontlik?) – om saam met onderwysers te werk!

Tydens my laaste ses jaar as ‘n graad 5-onderwyser was ek ook ‘n departementshoof en dit het my soveel ruimte gegee om mee saam te werk en onderwysers te mentor, veral diegene wat nuut in die beroep is. In 2020 het ek ’n maatskappy genaamd SupportEd gestig en ons doel is om onderrig te ondersteun deur die bemagtiging van onderwysers. Ek is mal daaroor!

Hoe het jy jouself in e-leer bevind en wat het jou belangstelling in hierdie bedryf geprikkel?

Ek het nog altyd in staatskole gewerk. Ons was gelukkig genoeg om toegang tot geborgde tegnologie te hê en dit is waar my liefde vir tegnologie in die klaskamer begin het. Om eerlik te wees, ek was egter die tipe kind wat vir die pret met PowerPoint sou speel, so ek dink dit was nog altyd daar.

Hoe het jy op die Teacha! Resource Marketplace besluit as die platform om jou hulpmiddels te verkoop?

Ek is mal oor hoe dit toegespits is op die Suid-Afrikaanse mark en klaskamer. So dikwels is die beskikbare hulpmiddels baie Amerikaans of Europees en verg baie aanpassings om by die Suid-Afrikaanse konteks te pas. My kinders gee regtig nie om oor Halloween of Thanksgiving en sy ‘kleur’ ​​nie! Dit is ‘n plek net vir ons.

Wat was jou ervaring om met die Teacha! span te werk?

Die Teacha! span was nog altyd baie maklik bereikbaar en behulpsaam. Ek hou daarvan dat hulle daarop ingestel is om plaaslike verkopers te help en te bevorder.

Sal jy ons aanbeveel?

Absoluut. As ‘n verkoper is dit ‘n goeie manier om jou hulpmiddels in Suid-Afrikaanse onderwysers se hande te kry. As ‘n koper is dit ‘n fantastiese manier om iets te vind wat jou tyd sal bespaar en jou onderrig sal verbeter.

Het jy enige raad vir diegene wat ‘n aanlyn onderrighulpmiddelwinkel wil begin?

Begin net. Nee régtig, dit is die moeilikste deel. Stel ‘n produk saam, skryf ‘n beskrywing, en plaas dit. Jy kan nie iets verkoop wat nie geplaas is nie. Die res sal met tyd en oefening kom.

Wat is jou top wenke vir ander verkopers oor hoe om ‘n suksesvolle Teacha! Winkel te skep?

Stap 1: Skep kwaliteit produkte.

Stap 2: Maak seker dat mense hulle kan vind deur fantasties voorblaaie, kleinkiekies (thumbnails), voorskoue, en produkbeskrywings.

Oor die skrywer:
Jenna Swano was ‘n hoërskool Engels-onderwyser in Kaapstad voordat sy die sprong na laerskool as ‘n graad 5-onderwyser en departementshoof gemaak het. Sy het die onderwys in 2021 verlaat om SupportEd, ‘n maatskappy wat op betekenisvolle professionele ontwikkeling vir onderwysers gefokus is, te stig.

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.