Share This Post

KLIEK: ‘n Vars manier om Afrikaans EAT aan te bied

KLIEK: ‘n Vars manier om Afrikaans EAT aan te bied

Om Afrikaans as Eerste Addisionele Taal (EAT) aan te bied, kan nogal ‘n uitdaging wees.

Leerders is oor die algemeen ongemotiveerd om betrokke te raak by die vak. Hulle word verveeld met die inhoud wat aangeleer word, aangesien die taalfokus jaar na jaar redelik herhalend kan wees. Daarbenewens het van se Generasie Z-leerders spesifieke verwagtinge oor hoe hulle graag wil leer.

Generazie Z-leerders is ware digital natives en word gemotiveer deur tegnologie, kits-terugvoering, pret, boeiende aktiwiteite en belonings vir vordering. Hulle wil ook graag die navigators van hul leer wees en met inhoud omgaan op ‘n manier waarop hulle gemaklik is. Op baie maniere het hierdie generasie self ontwrigters van tradisionele onderwys geword en ‘n mens moet weet hoe hulle verkies om te leer om die vereiste resultate te kry.

Klik met KLIEK, om te kliek!

KLIEK is ‘n wonderlike, vars, gemengdeleerbenadering vir die aanbieding en leer van Afrikaans FAL.

Om die 21ste eeuse leer- en onderrigvereistes aan te spreek, het KLIEK ‘n ten volle geïntegreerde werkboek en aanlyn platformbenadering ontwikkel wat dít wat voor in die klas gebeur, op leerders se persoonlike toestelle uitbrei.

KLIEK is ontwerp om saam met die onderwyser se onderrigstyl te werk. Onderwysers bied lesse aan met behulp van die werkboek en aanlynportaal, en van daar af voltooi leerders die interaktiewe aktiwiteite en toetse in die boek en op die platform. Alle digitale aktiwiteite werk saam met die boek en maak leer werklik aanloklik. Die animasies en speletjies is boeiend en is almal uniek. Aangesien leerders die aktiwiteite aanlyn voltooi, kry hulle onmiddellike terugvoering oor hul vordering en hulle kry selfs badges vir die voltooiing van take. Hierdie program help Afrikaansonderwysers om tegnologie-gedrewe-leer in hul lesse in te bring en die uitstekende resultate daarvan te sien.

Die portaal bevat ook baie addisionele studiewerk en voorbeelde wat verband hou met elke taalkonsep. Vir onderwysers is daar ook ‘n ten volle geïntegreerde terugvoerinstrument wat onderwysers in staat stel om leerders se vordering in verskeie areas te meet.

KLIEK se gemengdeleerbenadering is deur ‘n dinamiese onderwyser en ontwikkelaarspan ontwikkel en is spesifiek gefokus daarop om Generasie Z-leerders te motiveer terwyl dit ook aan kurrikulumvereistes voldoen.

Leerders wat tans die program gebruik, geniet die verskeidenheid baie. Daar is ‘n duidelike en meetbare verbetering in nie net hul punte nie, maar ook hul houding om Afrikaans aan te leer.

KLIEK kan vanaf graad 6 – 12 gebruik word en kan op enige punt in ‘n leerder se skoolopleiding geïntegreer word. Dit sal die Afrikaanse klaskamer omskep in ‘n digitale leerhub.

Vir meer inligting of om ‘n demonstrasie by u skool aan te vra, kontak asseblief die verspreiders van KLIEK, Macmillan Education by 011 731 3359 of za.digitalsupport@macmillaneducation.co.za.

Besoek die KLIEK webblad hier: http://macmillan.co.za/kliek/

Hierdie plasing is deur MacMillan Education geborg.

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.