Lomi, deur Lizelle Rademeyer, se hulpmiddels is fantasties. Hierdie digitale produkte in Afrikaans en Engels is vir onderwysers en tuisonderwys ouers om leer hope pret te maak.
Hier is ‘n paar van ons gunstelinge:
Meeste Maaltafels in ‘n ry
10 Speletjie bladsye om maaltafels te oefen
Getal van die dag
Getal van die dag invulbare werkvelle
Dino Raaisels en Kop-Krappers
Dino Raaisels en Kop-Krappers bevat 14 raaisels, logika en perseptuele probleme – almal rondom ‘n dinosourus tema vir die jongspan. Kom krap saam kop.
Lente Pret-Pak: Graad 3 (Ook beskikbaar vir ander grade!)
Die Lente Pret-pak bevat 10 aktiwiteite (met antwoordstel) vir graad 3. Dit bevat aktiwiteite om basiese wiskunde vaardighede in te oefen soos optel en aftrek binne 100, getal rangskikking, grafieke, breuke, 2-, 3-, 4-, en 5-maaltafel en ‘n woordsoek.
Reëndag Speletjies
Reëndag Speletjies vir graad 1 – 3 Graad 1-3, optel, aftrek, datahantering, grafieke, Afrikaans, Wiskunde
Reëndag Kop-krappers en logika speletjies
Reëndag Kop-krappers en logika speletjies vir graad 1 tot 4.
Super-oulik!