Share This Post

Ek kan – Gratis opvoedkundige video’s

Ek kan – Gratis opvoedkundige video’s

ek kan opvoedkundige videos

Wat ‘n fantastiese inisiatief van Magda Ehlers! Hierdie video’s is gratis beskikbaar op YouTube en kan in jou klas gebruik word of deur ouers by die huis. Uitstekend!

Ek kan fokus tot dusver op klanke en die letters van die alfabet, maar het ook ander video’s soos studiemetodes en Wiskunde-video’s wat handel oor deling en ook ander wat kinders leer om te tel.

“Hierdie video raak ‘n paar studie konsepte vir bietjie ouer kinders aan. ‘n Paar studieterme word ingeskerp. Die onderwerp wat behandel word is fotosintese. Kinders leer van assosiasies, kernwoorde en om hulle opgesomde werk gereeld te herhaal.”

[youtube https://www.youtube.com/watch?v=oOg5-RieeaI]

“Hierdie is ‘n prettige video oor liggaamspersepsie, latraliteit en dat ons mekaar moet respekteer al verskil ons.”

[youtube https://www.youtube.com/watch?v=fasmormq2pI]

“Hierdie gratis opvoedkundige video stel die a-klank bekend aan die leerders met ‘n oulike kort storietjie.” Daar is ook ander klanke reeds in die reeks!

[youtube https://www.youtube.com/watch?v=zjbMmPJyFeU]

Daar is reeds meer as 60 video’s op die Ek kan YouTube-kanaal. EN dis beskikbaar in Engels ook.

MAAR, dit raak beter. Daar is ook nou werkskaarte beskikbaar gestel op TEACHA! wat gebaseer is op die video’s. Gaan kyk na Juffrou Magda se winkel hier. Die werkkaarte is slegs R8 elk.

Dankie, Juffrou!

Like haar Facebook-blad

Kyk die YouTube-videos en subscribe

Ek kan – Teacha-winkel

 

Teken in op ons nuusbrief: Klik hier!

 

 

Share This Post

2 Comments

  1. Dit sal baie help in my Gr 1 klas

    Reply
  2. Ek kannie genoeg dankie sê vir hierdie ongelooflike blootstelling nie. Dit is so awesome en ek waardeer dit opreg uit my hart want ek weet dat niks vanselfsprekend is nie. Duisend dankies! Magda Ehlers…

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.