Share This Post

Diensverskaffer kollig: Hoe Mindbourne Wiskunde hulpbronne in die 21ste eeu bring

Diensverskaffer kollig: Hoe Mindbourne Wiskunde hulpbronne in die 21ste eeu bring


Die gebruik van tegnologie en aanlyn leer word vinnig die nuwe paradigma in die onderwys. Deur aanlynbronne te gebruik, kan leerders meer verantwoordelikheid neem vir hul eie leer, terwyl hulle deur hul onderwysers gelei word. Opvoedkundige beginsels soos gedifferensieerde leer, probleemoplossing en die omgekeerde klaskamerbenadering kan nou verwesenlik word deur die kragtige medium van aanlynhulpmiddels.

Hierdie verandering was die dryfveer agter die visie van hierdie opvoedkundige uitgewer.

In 2019 het die bekende skrywer, Mark Phillips, saam met sy span, Mindbourne bekendgestel. Gefokus op Wiskunde en Gevorderde Wiskunde (AP Maths), het Mindbourne boeiende opvoedkundige produkte geskep wat onderwysers en leerders in staat stel om die eise van onderwys in die 21ste eeu te aanvaar.

DIE MINDBOURNE-HANDBOEKREEKS 

  • Die Mindbourne-handboekreeks (Graad 8–12, asook Gevorderde Program Wiskunde/AP Maths) is gebaseer op sowel die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) as die Departement van Basiese Onderwys (DBO) se huidige sillabusse. 
  • Die aanlyn videolesse maak dit vir leerders moontlik om sekere temas aanlyn te bestudeer. Só kan onderwysers vinniger deur die sillabus werk, sodat daar aan die einde van die jaar meer tyd oorbly vir hersiening. 
  • Die eksamenfokus-oefeninge aan die einde van elke hoofstuk bevat ’n groot verskeidenheid uitstekende hersieningsvrae en uitdagende eksamen-tipe probleme wat leerders sal help met hulle finale eksamenvoorbereiding. Leerders kan, in oorleg met hulle onderwysers, eers self die oefeninge probeer doen en daarna hulle antwoorde nagaan aan die hand van die aanlyn videoles. 

DIE MINDBOURNE-VIDEOPORTAAL 

  • Die gebruik van die handboek tesame met die bypassende videolesse (Graad 8–12, asook Gevorderde Program Wiskunde/GP Wiskunde) sorg vir gestruktureerde en betroubare aanlyn-leer wat relevant bly tot die sillabus. Aanlyn lesse berei leerders ook voor op die eise van tersiêre opvoeding, wat heelwat onafhanklike aanlyn-leer vereis. 
  • Onderwysers kan leerders motiveer om die videolesse te doen deur aanlyn opdragte te skep wat punte tel, gebaseer op hulle eie lesplanne. 
  • Die videoportaal beskik oor ’n beheerfasiliteit vir onderwysers, wat onderwysers toelaat om te beheer watter videolesse leerders kan kyk. Op hierdie manier word leerders daarvan verhoed om die stelsel te misbruik deur oplossings uit die videoportaal af te skryf voordat hulle sélf die oefeninge probeer doen het. Die onderwyser kan enige van die lesse in die videoportaal aktiveer of deaktiveer.  
  • Die videolesse maak gedifferensieërde leer moontlik. Dit beteken dat sterker leerders vooruit kan werk deur die videoportaal te gebruik: Hulle kan vinniger aanbeweeg na meer uitdagende vrae en het, in oorleg met die onderwyser, enige tyd toegang tot die oplossings. Minder sterk leerders kan die videolesse gebruik om basiese beginsels onder die knie te kry.  
  • Leerders wat ’n klas misgeloop het as gevolg van siekte of ander verpligtinge kan die aanlyn lesse gebruik om in te haal.
  • Wanneer ’n leerder agter raak met die sillabus as gevolg van onvoorsiene omstandighede of ontwrigte skoolaktiwiteite, kan dele van die inhoud aan leerders gegee word om self aanlyn te kyk. Só kan hulle weer met die leerplan inhaal. 
  • Die videolesse is ideaal vir hersiening voor eksamens
  • Die videoportaal is ideaal vir nuwe onderwysers wat self konsepte en voorbeelde beter onder die knie wil kry. 
  • Sou ’n skool dalk vir ’n tydperk nié oor ’n Wiskundeonderwyser beskik nie, kan die leerders die videoportaal gebruik om met die sillabus by te hou. Leerders kan die videolesse tydens hulle gewone lestyd kyk onder enige volwassene se toesig – wat enige skoolhoof of departementshoof se las aansienlik kan verlig!

DIE HULPBRON-PORTAAL VIR ONDERWYSERS 

  • Die hulpbron-portaal gee onderwysers toegang tot ’n wye verskeidenheid eksamenvrae en nasienriglyne. Hierdie vrae is beskikbaar in die verskillende lettertipes wat deur die DBO en IEB gebruik word. Dit is ook in MS Word-formaat beskikbaar, sodat onderwysers dit kan kopieër, plak, en sekere vrae kan aanpas wanneer hulle hulle eie assesserings opstel. Nuwe vrae sal jaarliks by die portaal gevoeg word. 
  • Aanvullende notas wat verdere aantekeninge, oefeninge en uitgebreide vrae bevat is in dié portaal beskikbaar. Die IEB sal byvoorbeeld binnekort die wette van logaritmes in hulle sillabus insluit. Die hulpbron-portaal bevat dus aantekeninge en vrae oor hierdie tema.  
  • Die videoklasse is ideaal vir nuwe onderwysers wat graag hulle eie begrip van sekere onderwerpe wil verbeter. 

DIE MINDBOURNE AKADEMIE 

  • Gevorderde Program Wiskunde (Advanced Programme Mathematics) is ’n addisionele verrykingskursus vir leerders wat beoog om vir tersiêre kursusse in te skryf wat grondige Wiskunde-kennis vereis. Dié kursus sluit gevorderde temas soos Calculus, Statistiek en Wiskundige Modellering in. 
  • Die Akademie bied ’n driejaarkursus in Gevorderde Program Wiskunde wat vanaf Graad 10 geneem kan word. In Graad 12 word vereis dat leerlinge die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se eindeksamen moet skryf. Leerders wat hierdie kursus slaag, sal ’n sertifikaat van die IEB ontvang wat saam met universiteitsaansoeke ingedien kan word.

Kontak info@mindbourne.com vir meer inligting.

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.