Share This Post

Speletjies vir die grondslagfase

Speletjies vir die grondslagfase

Daar is mos geen beter manier om te leer as deur te speel nie! Kyk net na al hierdie oulike hulpmiddels wat deur onderwysers gemaak is op TEACHA! Klik heel onder om al die produkte te sien.

Drieklanke

‘n Werksvel per drieklank en ‘n bordspeletjie.  Elke werksvel het ‘n woordbank om die voltooiing van sinne te vergemaklik.

screen-shot-2015-11-22-at-12-59-07

Legkaarte

Selfkorregerende legkaarte vir beginners – ‘n ideale “stil speletjie”:
4 Kleur A4-bladsye met 10 tot 12 bypassende kaarte per vel.  Dit dek basiese vorms, beginklanke, syfers (1 – 12), sinne en kleure.  Die velle oor aanvangsklanke en syfers kan ook in Engels gebruik word (bv. l is vir leer én ladder).
Hou die kaarte heel as ‘n verwysingsbladsy of sny die reghoeke uit en lamineer (breë, deursigtige kleeflint werk goed) voordat die legkaarte deur gesny word.  Druk elke kaart op ‘n unieke kleur of bêre die stelle in afsonderlike banksakkies om verwarring te verhoed.
Indien jy dun stroke magnete het, kan jy die reghoekige kaarte daarop monteer voordat jy dit deursny – ‘n ideale speletjie vir die yskas.

legkaarte

GRATIS 5 Minute Bordspeletjie

Hierdie bordspeletjie is ideaal wanneer net 5 of 10 minute beskikbaar is. Dit kan selfs as ‘n beloning gebruik word!

Prente: piesang, vis, bus, rok, roos, son, muis, hen, mier, boom, huis, kat, bal, mes, rob, appel, skilpad, pampoen, pikkewyn, sambreel, teddiebeer, lamp, sebra.

Hierdie speletjie kan vir enige doelwit gebruik word.

5-minute-bordspeletjie

Wiskunde Roomys speletjie

Help leerders om alles oor ‘n getal te leer. Bou die roomys. Knip uit en lamineer die speletjie vir ure se leer pret.

Afrikaans 60 KVK prentkaartjies & Generiese Speletjie

Super-duper VEELDOELIGE speletjie met PRENTKAARTJIES
Hierdie bordspeletjie kan vir ENIGE doelwit in ‘n terapie-sessie gebruik word.

Dubbelklanke koekie speletjie

Vaslegging van dubbelklanke. Leerder moet die woord op die koekie lees en dit by die regte prentjie pas.

Is dit ‘n Ja? Is dit ‘n Nee? – Ja/Nee Vrae

Hier is ‘n hulpbron vir Ja/Nee Vrae.

Dit sluit in:
1. ‘n Definisie bladsy
2. Ja/Nee Groot A4 bladsy vir speletjies.
3. Drie aktiwiteite en hulpbronne (insluitend kaartjies met Ja/Nee vrae, asook ‘n spanspeletjie)

Popcorn sigwoorde

Hierdie speletjie word in klein groepies op die mat gespeel vir die vaslegging van sigwoorde.

Afrikaans Rek die Ruspe Bingo Ouditiewe Analise en Sintese

Ouditiewe analise en sintese speletjie.

Kry al hierdie oulike hulpmiddels hier!

Teken in op ons nuusbrief: Klik hier!

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.