Share This Post

Wen ‘n vakansie vir twee by die Le Mauricia Hotel in Mauritius, alles ingesluit.

Wen ‘n vakansie vir twee by die Le Mauricia Hotel in Mauritius, alles ingesluit.

 

Wen ‘n vakansie vir twee by die Le Mauricia Hotel in Mauritius, alles ingesluit.

Ons weet hoe hard onnies, SGB lede en administratiewe personeel werk, en ons is seker dat julle ‘n vakansie verdien. En wat dan nou beter as ‘n week op n tropiese eiland, absoluut gratis?

As deel van die bekendstelling van SchoolAdvisor.co.za, bied hulle aan twee mense ‘n allesinsluitende weeklange vakansie by Le Mauricia, ‘n 4-ster Beachcomber Hotel in Mauritius wat vlugte insluit. Hierdie kompetisie is oop vir onderwysers, admin-personeel, werknemers in diens van die skool en lede van die beheerliggaam. Om te wen, besoek schooladvisor.co.za en kies ‘n produk of verskaffer waarmee jy al gewerk het, en gee terugvoer oor die verskaffer of produk. Elke keer as jy terugvoering gee, sal jy ‘n e-pos bevestiging van jou inskrywing ontvang, en elke terugvoer tel as ‘n inskrywing. Natuurlik kan jy soveel keer as wat jy wil inskryf!

SchoolAdvisor help skole om beter koopbesluite te neem en verbeter finansiële bestuur deur skole en verskaffers bymekaar te bring. Op die webwerf kan jy: ‘n verskaffer soek, navorsing oor ‘n produk doen, ‘n kwotasie kry en ‘n verskaffer kies volgens die terugvoer wat ander skole oor hulle diens en produkte gee. Deur jou eie terugvoer te bied, help jy ook ander skole om beter besluite te neem en hou jy verskaffers aanspreeklik.

“SchoolAdvisor is ‘n innoverende nuwe diens vir skole, en die eerste van sy soort wêreldwyd. Dit is nie opsigself ‘n produk nie, maar wel ‘n platform waar produkte vergelyk kan word. Hierdie platform stel jou dus in staat om te sien wat ander skole se ondervinding en terugvoer oor ‘n produk of verskaffer was, en help jou om sodoende ‘n beter besluit te neem.” So verduidelik Peter Morgan, hoof van SchoolAdvisor.

Klik hier om jou eerste resensie te skryf en ‘n week by Beachcomber se Le Mauricia 4-ster hotel te wen. Tik ‘n soekwoord in, vind die verkaffer en resenseer hulle.  As jy nie die relevante verskaffer kan vind nie, kan jy net die maatskappy by die databasis voeg. Jy kan dan óf die maatskappy self óf ‘n spesifieke produk wat jy gebruik het, resenseer –  enigiets van ‘n elektroniese witbord, tot skoolboeke of jou gunsteling EdTech produk. Dalk selfs Onnies Online?

Voorwaardes geld, sien die webwerf vir detail.

Onlangse Artikels

Onnies gee raad aan nuwe onnies

Onnies Online se produkte op Teacha

Wenke vir EAT-onnies

Leer speel-speel

Hulpbronne vir Sosiale Wetenskappe en meer

 

Share This Post