Baie van ons het nie vinnige internet by ons skole nie. Om data te bespaar word ons ook gereeld gevra om nie te veel video’s in die klas te stream nie. Laai dan maar net die video van YouTube af. Dis vinnig en maklik en vat dieselfde bandwydte as wat dit sou vat om dit te kyk, behalwe dat dit net een keer gebruik word.
Daar is verskillende webtuistes wat hierdie diens gratis aanbied. Ek gebruik gewoonlik KeepVid.
Stap 1:
Soek die video op YouTube wat jy graag wil aflaai en copy die skakel deur die URL in die blokkie bo te highlight en dan óf Control en C te druk of om te regsklik en dan ‘Copy’ te klik.
Stap 2:
Gaan na KeepVid.com en paste die URL in die blokkie. Klik dan op Download.
Stap 3:
Kies dan een van die opsies om dit af te laai. Wanneer die kwaliteit hoër is, sal dit meer data gebruik om af te laai, maar dit sal beter lyk wanneer jy dit in jou klas kyk. Ek kies gewoonlik MP4 480. Pasop om dit nie sonder klank af te laai nie.
Stap 4:
Gebruik VLC-speler of enige ander video-speler wat mp4 kan speel om die video oop te maak en te kyk wanneer dit afgelaai het op jou rekenaar. Jy kan somtyds kies waar om dit te stoor of dit gaan direk na jou downloads folder.
Stap 5:
Kyk die video in jou klas!
Onlangse Artikels: